Die meeste mense, insluitend Moslems, luister graag na stories. Die verhale in hierdie boekie moet mense laat dink en hulle dus aanmoedig om die waarheid van God te soek. Baie verhale is geneem uit gelykenisse in die Bybel. Hulle vertel Bybelse waarheid aan mense in alledaagse lewensituasies. Tog moet die storieverteller leer om woorde te gebruik wat duidelik deur die luisteraars binne die spesifieke kulturele omgewing verstaan kan word. Die verhale kan ook dien as 'n manier om in gesprekke met Moslemmense betrokke te raak. Hierdie verhale is oor 'n tydperk van baie jare versamel. Daar word gehoop dat hulle 'n seën vir Christene en Moslems kan wees.